​BESTUUR JOU BELASTINGNAKOMINGSTATUS MET SARS

Wat is dit?

In ons volgehoue poging om belastingnakoming te verbeter en om dit selfs makliker te maak vir belastingpligtiges om hul belastingsake te bestuur, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) ‘n nuwe, verbeterde belastingnakomingstelsel in werking gestel.
 
 
Om te voldoen aan belastingvereistes en om jou regmatige deel te betaal, is nie net goed vir jou nie, maar dra ook by tot die positiewe groei van ons land se ekonomie wat voordelig is vir alle Suid-Afrikaners.
 

Waarvoor is dit?

Die nuwe stelsel sal dit makliker vir belastingpligtiges maak om ‘n Belastingklaringsertifikaat (TCC) te verkry en sal belastingpligtiges ook in staat stel om ‘n belastingnakomingstatus-PIN deur die volgende kanale te verkry:
 
Die TCS-PIN kan, in plaas van die papier Belastingklaringsertifikaat, deur derde partye gebruik word om die belastingpligtige se nakomingstatus aanlyn te verifieer deur SARS eFiling.  Dit word beoog om mettertyd weg te doen met die papier Belastingklaringsertifikaat en om slegs die TCS- en PIN-stelsels in die toekoms in werking te hê.
 
 
Dit is belangrik om te onthou dat ‘n belastingpligtige se nakomingstatus nie staties is nie en verander dienooreenkomstig sy/haar volgehoue nakoming van belastingvereistes.
 

Wat moet ek doen?

Om belastingnakomend te wees moet jy seker maak dat:
  • Jy geen uitstaande belastingopgawes het nie
  • Jy geen geld aan SARS verskuldig is nie, tensy ‘n betalingsreëling of opskorting van skuld deur SARS toegestaan is
  • Jy geregistreer is vir alle belastingprodukte waarvoor jy aanspreeklik is
  • Jou geregistreerde besonderhede op datum is.  Vir meer inligting oor hoe om jou besonderhede op te dateer, klik hier.
  • Jy al jou belasting verwysingsnommers saamgevleg het (deur die Merge-hulpmiddel op eFiling) of dit verklaar het (deur die ERC01-vorm beskikbaar as deel van die TCS-proses op eFiling).  Vir meer inligting oor Merge, klik hier
 
Die middelpunt van die nuwe TCS-stelsel, is die “My Compliance Profile” (my nakomingsprofiel) of MCP-funksie.  Die MCP bied belastingpligtiges die geleentheid om hul belastingnakomingstatus, soos deur SARS bewerk, te besigtig en om sodoende enige nakomingskwessies wat geïdentifiseer is, aan te spreek.  Die implementering van die MCP sal belastingpligtiges met inligting rakende hul belastingnakoming toerus.  Dit sal ook die basis vorm vir die uitfasering van die huidige Belastingklaringsertifikaat-stelsel (vir bv. Tender, Goeie Reputasie, en ander).
 
Vir meer inligting oor die belastingnakomingstatus-prosesse, volg die onderstaande skakels:
Last Updated: 03/06/2016 3:17 PM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ