​HOE OM JOU BELASTINGNAKOMINGSTATUS TE VERSOEK

 Jy kan ‘n Belastingnakomingstatus (“Tax Compliance Status” of “TCS”) vir ‘n spesifieke doel aanvra (bv. Tender):

Hoe om jou Belastingnakomingstatus deur eFiling te versoek

Wanneer jy jou “My Compliance Profile” (My Nakomingsprofiel) besigtig het, kan jy ‘n belastingnakomingstatus versoek:
  • Deur die “Tax Compliance Status Request”-opsie te selekteer en dan die soort TCS waarvoor jy wil aansoek doen, te selekteer.  Jy sal die volgende opsies hê:
    • Goeie Reputasie
    • Tender
    • Buitelandse Belegginstoelae (slegs individue)
    • Emigrasie (slegs individue)
  • Voltooi die Belastingnakomingstatus-versoek en dien dit in.
Top Wenk: Stawende dokumente moet aangeheg word vir Buitelandse Beleggingstoelae en Emigrasie aansoeke.
 
Wanneer jou versoek deur SARS goedgekeur is, sal jy met ‘n algehele belastingnakomingstatus en PIN voorsien word.  Jy kan versoek dat die PIN per SMS aan jou gestuur word en jy sal dit op jou “Tax Compliance Status Request”-oorsigskerm op jou eFiling-profiel kan besigtig.  Die PIN kan ook in die vorm van ‘n belastingnakomingstatus-brief gedruk word. 
 
Top Wenk: ’n Unieke PIN sal uitgereik word vir elke versoek wat jy rig.
 
Bykomend tot die PIN, sal jy ook in staat wees om ‘n Belastingklaringsertifikaat (TCC), in die bestaande formaat, deur jou eie rekenaar te druk deur “Print TCC” te selekteer. 

Hoe om ‘n Belastingnakomingstatus by ‘n SARS-tak te versoek

Wanneer jy jou Belastingnakomingstatus by ‘n SARS-tak versoek en dit goedgekeur is, sal die status ‘n PIN insluit wat per SMS aan jou gestuur kan word na die selfoonnommer wat SARS vir jou op rekord het of per e-pos gestuur word of dit kan by die tak vir jou gedruk word indien nodig. 

Hoe om jou Belastingklaringsertifikaat (TCC) by ‘n SARS-tak te aan te vra 

Jy sal ook jou TCC by ‘n SARS-tak kan aanvra deur die belastingnakomingstatus-versoek (“Tax Compliance Status Request”) te voltooi vir die spesifieke soort TCC wat jy benodig bv. Tender, Goeie Reputasie, Buitelandse Beleggingstoelaag of Emigrasie.  As jou belastingnakomingstatus nakomend is, sal die SARS-agent die TCC vir jou kan druk of e-pos na die e-posadres wat SARS op rekord vir jou het. 
 
Let wel:  As jou belastingnakomingstatus reflekteer dat jou belastingsake nie in orde is nie, sal jy nie ‘n TCC by ‘n tak kan ontvang of aanlyn kan druk totdat jy jou nie-nakoming reggestel het.

Die Belastingnakomingstatus-PIN

Die PIN laat jou toe om enige derde party magtiging te gee om jou belastingnakomingstatus aanlyn deur eFiling te besigtig.
 
Wanneer jy jou PIN aan ‘n derde party verskaf het, sal dit daardie organisasie of staatsdepartement in staat stel om jou belastingnakomingstatus aanlyn te besigtig.  Dit sal jou algehele nakomingstatus aan hulle verskaf soos wat dit op die oomblik van nagaan is en nie soos dit was toe jy vir die PIN aansoek gedoen het nie.  Om die vertroulikheid van die belastingpligtige se inligting te beskerm, sal geen ander inligting toeganklik wees nie.
 
Wees asseblief bewus daarvan dat nie alle staatsinstansies of private organisasies die TCS-PIN dadelik in werking sal hê nie in welke gevalle jy steeds ‘n gedrukte TCC moet verskaf.  Dit word beoog dat die PIN mettertyd die papier TCC sal vervang. 

Benodig jy hulp?

Skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 SARS (7277) of besoek jou naaste SARS-tak.
Last Updated: 03/06/2016 12:27 PM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ