TRAVEL E-LOG BOOK (REIS E-LOGBOEK) 

Wanneer kan jy vir reis eis?

As jy ‘n reistoelaag van ‘n werkgewer of prinsipaal ontvang, kan jy ‘n aftrekking eis vir die gebruik van jou privaat voertuig vir besigheidsdoeleindes.

Wat moet ek doen?

Eerstens, neem jou voertuig se odometerlesing op 1 Maart d.i. die eerste dag van die belastingjaar. 
Tweedens, maak seker dat jy ‘n logboek byhou gedurende die jaar.  Jy kan van die SARS eLogboek gebruik maak deur dit eenvoudig af te laai: 
  • 2017/18 logboek vir die 1 Maart – 28 Februarie 2018 jaar van aanslag en belastingseisoen wat 1 Julie 2018 begin
  • 2016/17 logboek vir die 1 Maart – 28 Februarie 2017 jaar van aanslag en belastingseisoen wat 1 Julie 2017 begin
  • 2015/16 logboek vir die 1 Maart 2015 – 29 Februarie 2016 jaar van aanslag en belastingseisoen wat op 1 Julie   2016 begin
  • 2014/15 logboek vir die 1 Maart 2014 – 28 Februarie 2015 jaar van aanslag en belastingseisoen wat op 1 Julie 2015 begin
Top Wenk: Sonder ‘n logboek sal jy nie die kostes van besigheidsreise teen jou reistoelaag kan eis nie. 

Derdens, neem jou voertuig se afsluit-odometerlesing op die laaste dag van Februarie (28/29) van die volgende jaar d.i. op die laaste dag van die toepaslike belastingjaar. 
 
Vierdens, bereken jou totale kilometers vir die volle jaar (afsluit-kilometers minus begin-kilometers).
 
Vyfdens, bereken jou totale besigheidskilometers vir die jaar (som van alle besigheidskilometers).

Waarvan hou ek rekord in my logboek?

Ten opsigte van elke besigheidsreis hou jy rekord van die volgende: 
  • Die datum van die reis
  • Die kilometers gereis
  • Reisbesonderhede (waar jou reis begin het, waarheen gereis en die rede vir die reis)
Top Wenk: Reis tussen jou tuiste en werksplek kan nie voor geëis word vir besigheidsdoeleindes nie, aangesien dit as privaat reis geag word. ‘n Aparte logboek moet gehou word vir elke voertuig wat vir besigheidsreis gebruik word.  

Hoe werk ek uit hoeveel ek kan eis? 

Daar is twee maniere om dit te doen: 
  • Bereken jou eis gebaseer op die koste-skaal wat SARS verskaf (jy sal hierdie tabel in die inleiding deel van die reis eLogboek-afdeling vind)
  • Bereken jou eis gebaseer op werklike koste.  Om dit te doen, moet jy akkurate rekords hou van al jou uitgawes gedurende die jaar, tesame met die hou van ‘n logboek. Hierdie uitgawes sluit brandstof, olie, herstelwerke, instandhouding, voertuiglisensie, versekering, slytasie en finansiering- of huurkoste in. 
Top Wenk: Jy moet jou logboek vir ‘n tydperk van minstens vyf jaar hou aangesien SARS mag versoek dat jy dit indien om jou eis te staaf.  
 
 
 
 
 
Last Updated: 01/03/2017 3:23 PM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ