SARS EFILING APP & MOBI-BLAD

Wat is die SARS eFiling App?

Die SARS eFiling App is ‘n mobiele toepassing wat jy kan installeer vanaf die App Store (vir Apple toestelle) of Google Play Store (vir Android toestelle) om jou Inkomstebelastingopgawe (ITR12) te voltooi en in te dien. 
 
Watter toestelle is aanpasbaar met die SARS eFiling App?
  • iPhone 4/4S/iPhone 5 met iOS v6+
  • iPhone6 /iPhone 6s en iPhone 6 Plus
  • iPad
  • iPad mini met iOS v6+
  • Android fone
  • Android tablette

Hoe laai ek die SARS eFiling App af?

Apple Toestelle
Vir Apple toestelle, volg die volgende stappe om die SARS eFiling App af te laai: 
 
1. Maak die App Store oop deur op die App Store blokkie op die wegspringskerm van jou Apple toestel te tik. 
 
 

2. Sleutel “SARS eFiling” by die Soekkassie in.
 
3. Klik op FREE:
 
 


4. Klik op INSTALL APP:
 

 
5. Sleutel jou APPLE ID en wagwoord in en tik op OK om verder te gaan. 
 
 

6. Die App sal begin laai en dan installeer soos onder aangedui.   
 
7. Die SARS Slimfoon App sal op jou tuisskerm vertoon. 
 

Android Toestelle
 
Vir Android toestelle kan jy die SARS eFiling App van Google Play Store aflaai:
 
1. Maak die Play Store oop deur op die Play Store blokkie op jou toestel se wegspringskerm te tik.
 
 2. Teken by die Play Store in met jou Google Rekening.
 
 3. Sleutel “SARS eFiling” by die Soekkassie in.
 
 

 
Klik op Install.
 
Wanneer die installasie voltooi is, sal ‘n kortpad op jou toestel geskep word.
 
Sleutel jou gebruikersnaam en wagwoord vir eFiling in om in te teken. 
 
 

Wat is die SARS eFiling Mobi-blad?

Die SARS eFiling mobi-blad stel jou in staat om jou individuele Inkomstebelastingopgawe (ITR12) deur eFiling van jou mobiele toestel se internet-blaaier in te dien.  Die mobi-blad is nou toeganklik vir blinde en swaksigtige belastingpligtiges.

Hoe verkry ek toegang tot die eFiling Mobi-blad?

 Volg die volgende stappe om toegang tot die eFiling Mobi-blad te verkry:
 1. Sleutel die eFiling mobi-bladadres www.sarsefiling.mobi in jou mobiele toestel se internet-blaaier in. 
 
2. Die SARS eFiling Mobiele tuisblad sal vertoon word.
 
3. Die ‘Latest News’ afdeling sal meer inligting verskaf rakende die funksionaliteit beskikbaar op die mobi-blad en belangrike datums vir opgawes.
 
 



4. Brei die inteken balk uit. 
 
5. Sleutel jou eFiling gebruikersnaam en wagwoord in. 
 
6. As jy jou intekenbesonderhede vergeet het, rol af tot by die herinneringskakel vir wagwoord herstel en die volgende twee opsies sal aan die gebruiker vertoon word om die intekennaam of wagwoord te oor te stel. 
 

 



7. Afhangende van die opsie wat jy bo gekies het, sal die relevante inligting vereis word om die wagwoord te kan oorstel


 

 
Let wel:  Om sekuriteitsredes, kan jy nie vir eFiling op die mobi-blad of op die App registreer nie.  Jy word aangeraai om eers vir eFiling op ‘n rekenaar te registreer en wanneer die registrasie suksesvol is, kan jy voortgaan om die eFiling App of SARS mobi-blad te gebruik.   

 

Benodig jy hulp?

Skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 7277 of besoek jou naaste SARS-tak

 

Last Updated: 26/08/2016 10:59 AM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ