HOE KONTAK EK SARS MET NAVRAAG OOR SKULD?
Jy kan SARS kontak per telefoon, e-pos, faks of deur besoek aan ‘n
SARS-tak:
- Skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 SARS (7277) tussen 08:00 en 17:00
- Of, vanuit die buiteland, skakel die SARS-kontaksentrum by +27 11 602 2093 tussen 08:00 en 16:00 plaaslike Suid-Afrikaanse tyd.
- Stuur ‘n e-pos of faks na een van ons vier toegewyde possentrums:
- Noordelike Suid-Afrika: Belastingpligtiges woonagtig in Gauteng Noord (insluitend Centurion en Pretoria), Noordwes, Mpumalanga en Limpopo, gebruik asseblief [email protected] en faks 012 670 6880
- Sentraal Suid-Afrika: Belastingpligtiges woonagtig in Gauteng Suid (insluitend Midrand, die Groter Johannesburg area, Kemptonpark, Boksburg, Vereeniging en Springs), die Vrystaat en Noord-Kaap, gebruik asseblief: [email protected] en faks 010 208 5005
- Oostelike Suid-Afrika: Belastingpligtiges woonagtig in KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Oos-Kaap (tot en insluitend Oos-Londen), gebruik asseblief: [email protected] en faks 031 328 6018
- Suidelike Suid-Afrika: Belastingpligtiges woonagtig in die Oos-Kaap suid van Oos-Londen en die Wes-Kaap, gebruik asseblief: [email protected] en faks 021 413 8905