LÊ ‘N KLAGTE

Die diens wat ons jou wil bied

Ons wil ‘n hoë standaard van diens bied, of ons jou persoonlike inkomstebelasting hanteer, jou maatskappy se inkomstebelasting, jou invoer- of uitvoeraktiwiteite, of enige van die ander belastings of seëlregte wat ons administreer.  Ons weet hoe belangrik dit is om dinge reg te doen, so ons is altyd opsoek na maniere om te verbeter. As deel van ons verbeterde dienslewering, het ons ‘n nuwe manier in werking gestel vir jou om ‘n klagte te lê indien jy steeds nie tevrede is met jou ondervinding met SARS na die gewone prosesse gevolg is nie.   

Hoe om 'n klagte te lê

Daar is drie aangewese maniere om jou klagte in te stuur:
Om jou klagte deur eFiling in te dien, moet jy as eFiler geregistreer wees om die klagtevorm te kan voltooi en in te dien.  As jy nog nie geregistreer is nie, klik hier.  Vir meer inligting oor hoe om deur eFiling ‘n klagte in te dien, sien ons stap-vir-stap handleiding.
 
Top wenk: Die klagtevorm kan nie afgelaai, gedruk of aan jou gepos word nie.  Jy kan die vorm slegs aanlyn deur eFiling voltooi of ‘n SARS-agent kan dit namens jou voltooi wanneer jy die CMO of Kontaksentrum skakel, of ‘n Tak of Mobiele Belastingeenheid besoek. Wanneer jy aan ons skryf, moet jy jou klagte in jou eie woorde beskryf, waarna ‘n SARS-agent dit op ons stelsel sal inlees. Onthou om jou saaknommer asook jou selfoonnommer en e-posadres te verskaf, sodat ons met jou in verbinding kan tree.   

Wanneer om te kla

As jy ongelukkig is met die diens na interaksie met SARS, kan jy ‘n klagte indien. In sommige gevalle sal ons vereis dat jy ‘n geldige saaknommer het. 
 
‘n Klagte is ‘n griewe of ‘n vorm van ontevredenheid deur die belastingpligtige, handelaar of verteenwoordiger ervaar met betrekking tot ‘n proses (insluitend navrae, opgawes of enige diensversoek) of ‘n ondervinding met diens wat nie voldoende opgelos is nie.   
 
Top wenk: Indien jy egter nie met die uitslag van jou aanslag of ‘n besluit deur SARS saamstem nie, teken asseblief ‘n beswaar aan of volg die dispuutoplossingsproses, sien die dispuutoplossing-handleiding. Let asseblief op dat die dispuutproses nie deel vorm van die klagte-proses nie.  Indien jy nie met ‘n boete saamstem nie, moet jy die Versoek om Kwytskelding-proses volg voordat jy beswaar kan aanteken. 
 
Indien jy ontevrede is met SARS se dienste of prosesse, sien die onderstaande prosesvloei:
 
 
 

Soorte klagtes

Die volgende is ‘n lys van klagte-kategorieë.  Dui asseblief die toepaslike een aan wanneer jy jou klagte indien:
 
Nr Kategorie Voorbeeld
​1 Geregtelik/Beleid Byvoorbeeld debietkaarte wat nie vir betaling aanvaar word nie.
​2 Optrede van ‘n werknemer/Bevoegdheid Byvoorbeeld agent X was ongeskik of agent het nie geweet hoe om my te help nie.
​3 Kanaal ondervinding /omgewing / tegniese kanaal ondervinding /omgewing / tegniese kwessies ​Byvoorbeeld die kontaksentrum neem te lank om te antwoord of daar is geen parkering by tak X nie.
4​ ​Kwaliteit en spoed van diens* ​Byvoorbeeld foutiewe oplossing van versoek of dit het 6 maande geneem om die verandering van my bankbesonderhede te prosesseer.
​5 Onopgeloste diens / operasionele aangeleentheid* ​Byvoorbeeld omkeertyd oorskry en my opgawe is nog nie geprosesseer nie. 
​6 ​Vermisde of verlore dokumentasie*  Byvoorbeeld ek het my opgawe ingedien, maar SARS kan dit nie vind nie.
  
* Jy benodig eers ‘n saaknommer vir die laaste drie kategorieë.  Met ander woorde, as jou klagte met ‘Kwaliteit en spoed van diens’, ‘Onopgeloste diens/operasionele aangeleentheid’ of ‘Vermisde of verlore dokumentasie’ verband hou, sal die klagte slegs aanvaar word indien daar reeds ‘n saak aanhangig gemaak is en die saaknommer op die vorm ingevul is. Dit kan die oorspronklike of die opvolg-saaknommer wees. 

Wat om te verwag nadat jy ‘n klagte ingedien het

Jy sal SMS of e-pos kennisgewings ontvang gedurende verskeie stadiums van die proses:
  • Wanneer jy die klagte ingedien het, sal jy dieselfde dag ‘n kennisgewing ontvang wat ontvangs erken.
  • Die oplossingstydperk sal ‘n maksimum van 21 dae wees nadat die klagte ingedien is.
  • Indien jy steeds nie tevrede is met die uitkoms nie, kan jy die Belasting-ombud proses volg.
 
Last Updated: 01/09/2016 2:29 PM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ