​HOE DIE WET JOU BESKERM WANNEER JY ‘N BELASTINGMISDAAD RAPPORTEER

SARS wetgewing verskaf uitdruklik beskerming vir diegene wat belastingmisdade rapporteer. 
 
As jy ‘n belastingmisdaad aan SARS wil rapporteer, sal ons jou vra om ‘n verdagte-aktiwiteitverslag te voltooi.  SARS sal daarna strewe om jou identiteit onder alle omstandighede te beskerm.  Die enigste moontlike uitsondering mag wees waar jou getuienis benodig word in ‘n kriminele verhoor.  In so ‘n geval, bestaan daar verskeie maniere in die wet om jou identiteit te beskerm en sal SARS saam met jou die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nader om te verseker dat hierdie oorweeg word. 
 
As die saak nasionale sekuriteit kan beïnvloed of jou getuienis hou lewensgevaar vir jou in, sal SARS die NVG versoek om jou in ‘n getuiebeskermingsprogram te plaas wat deur die NVG geadministreer word. In rare gevalle moes SARS sekuriteit aan getuies verskaf in die vorm van lyfwagte en ander maatreëls. 
 
Indien jy onwettige belastinghandelinge wil rapporteer wat jy glo deur jou werkgewer of ‘n publieke instansie uitgevoer word/was, sal jy beskerming ontvang as ‘n onthuller (“whistleblower”) onder die Wet op Beskermde Openbaarmakings.  In so ‘n geval, wanneer jy aan SARS rapporteer, onthou asseblief om ons in te lig dat jy die saak in terme van die Wet op Beskermde Openbaarmakings, Wet 26 van 2000, rapporteer.
 
Last Updated: 01/09/2016 2:34 PM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ