Dit moet voor die begin van 'n jaar van aanslag ('n jaar van aanslag beloop van 1 Maart tot 28 Februarie), of 'n later datum wat deur die Kommissaris bepaal mag word in 'n Staatskennisgewing.
Die tye verskil effens vir nuwe registrasies en bestaande geregistreerde besighede:
SARS sal vir jou 'n brief stuur aangaande die uitslag van die aansoek. Sou die TT01-vorm onvolledig wees, sal die belastingpligtige ingelig word en die aansoek sal heroorweeg word wanneer alle inligting verskaf is.
Wanneer jy 'n TT01-registrasievorm oopmaak, sal jy verwag word om die Quick Test te voltooi voor die vorm verder oopmaak.
Indien die antwoord op enige van die Quick Test vrae "Nee" is, sal die besigheid nievir omsetbelasting kwalifiseer nie. Indien die Quick Test nie korrek voltooi word nie, sal die volgende foutboodskap verskyn:
Per voltooiïng van die Quick Test, klik "Create Form” en die volgende boodskap sal verskyn:
Besonderhede van aansoekerDui aan of die
aansoeker 'n:
Alleeneienaar (individu) is
Vennootskap is
Beslote korporasie is
Koöperatief of
Maatskappy is
deur die toepaslike blokkie aan te stip.
Versuim om enige van die boksies aan te stip, sal tot afkeur van jou aansoek lei.
StigtingsdatumDit is die datum waarop die besigheid begin is. Maak asseblief seker dat die EEJJMMDD-formaat gebruik word
bv. 20020601 vir 'n besigheid wat begin handeldryf het op 1 Junie 2002.
Geregistreerde naamDit is die naam waaronder die besigheid wettiglik geregistreer is met die toepaslike gesag bv.
Maatskappye en Intellektuele Eiendomskommissie (CIPC). Hierdie is 'n verpligte veld alleenlik as die beslote korporasie, koöperatief of maatskappy boksie bo aan die vorm aangestip is.
Handels/ander naam
Dit is die naam waaronder die besigheid handeldryf of waarby die algemeen aan sy kliënte bekend is.
InkomstebelastingverwysingsnommerDit is die registrasienommer wat 'n besigheid by SARS kry wanneer dit vir inkomstebelasting registreer.
Lopende Betaalstelsel (LBS) verwysingsnommerDit is die registrasienommer wat 'n besigheid by SARS kry wanneer dit vir LBS registreer.
Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)Dits die registrasienommer wat 'n besigheid by SARS kry wanneer dit vir BTW registreer.
CIPC-registrasienommerDit is die registrasienommer wat 'n beslote korporasie, koöperatief of maatskappy wanneer dit
registreer by
CIPC (Departement van Handel en Industrie).
Hoofinkomste bronkodeDit is die kode vir 'n bepaalde sektor in die ekonomie bv. vervaardiging, waarvan die besighede se
hoofinkomste afkomstig is. Die kodes vir die verskeie sektore in die ekonomie kan in Bylaag A gevind word
hieronder.

Besigheidsadres
Dit is die fisiese adres van die besigheid d.i. die perseel van waar die besigheid handeldryf.
Indien die besigheid vanaf 'n woonstel of meenthuis handeldryf, moet die woonstel- of meenthuiseenheidnommer
voltooi word in "unit no"
Die naam van die woonstelblok of meenthuiskompleks moet voltooi word in "complex" en
waar die besigheid nie vanaf 'n woonstel, meenthuis of kompleks handeldryf nie, moet hierdie velde leeg gelos word.
Straatnr.
Straat/Naam van plaas
Voorstad/Streek
Stad/Dorp en
Poskode.
Postal code.
PosadresDit is die adres waarheen die besigheid verkies sy pos gestuur moet word. Dit kan dieselfde wees as sy besigheidsadres hierbo of dit kan 'n posbusnommer of ander adres wees. Indien dit dieselfde as die besigheidsadres is, maak eenvoudig 'n "X" in die toepaslike blokkie.
Indien die antwoord "Nee" is, sal die volgende velde vertoon word en redigeerbaar wees:
Posagentskap of ander subeenheid (indien van toepassing) bv. Postnet suite ID
Posbus: Dui aan, deur die toepaslike blokkie aan te stip, of die posadres 'n 'posbus' of 'privaatsak' is
Privaatsak: Dui aan, deur die toepaslike blokkie aan te stip, of die posadres 'n 'posbus' of 'privaatsak' is
Ander spesiale posdienste (spesifiseer)
Nommer
Poskantoor
Poskode
Geregistreerde posadresaanduier
BankrekeningbesonderhedeDit is die besonderhede van die bankrekening wat deur die besigheid gebruik sal word.
Rekeningnommer
Let wel: Die volgende velde moet voltooi word na die banknaam gekies word
Takkode: Indien die 'Banknaam' 'n universele bankkode het, sal hierdie veld gesluit wees en verstek na die
universele takkode, andersins sal die veld redigeerbaar wees en moet dit voltooi word
Taknaam: Indien die 'Banknaam' 'n universele bankkode het, sal hierdie veld gesluit wees en verstek na
"Universele tak", andersins sal hierdie veld redigeerbaar wees en moet dit voltooi word.
Soort rekening - Kies
Cheque of
Savings/Transmission Rekeninghouernaam (rekeningnaam soos geregistreer by bank) - Banknaam: klik op die plusteken vir die
lys van bankname om vertoon te word en 'n keuse om gemaak te word. Klik die "OK"-knoppie om verder te gaan.
Rekeninghouernaam

Besonderhede van alleeneienaar/vennoot wat aansoek doen/openbare offisier
Die volgende besonderhde word vereis:
Alleeneienaarskap: besonderhede van die alleeneienaar of individu.
Vennootskap: Besonderhede van die vennoot wat vir die omsetbelasting aansoek doen. Waar twee of meer vennote
aansoek doen vir die omsetbelasting, moet elke vennoot 'n afsonderlike aansoekvorm voltooi.
Beslote korporasie: Besonderhede van die openbare offisier van die beslote korporasie.
Maatskappy: Besonderhede van die openbare offisier van die maatskappy.
Koöperatief: Besonderhede van die openbare offisier van die koöperatief.
Die inkomstebelastingverwysingsnommer en datum van aanstelling van die persone gelys, moet ook verskaf word.
Let wel:
Al die velde in hierdie afdeling is verpligtend. Hoewel, die aansoeker kan sy/haar ID
nommer of 'n paspoortnommer verskaf d.i. jy hoef nie albei te verskaf nie. Hy/sy moet ook
minstens een kontaktelefoonnommer verskaf.
Waar daar twee of meer vennote/lede/aandeelhouers is, moet hulle die volgende
velde vir elke vennoot/lid/aandeelhouer voltooi:
Voornaam
Voorletters
Van
Huistelnr
Pos beklee
Werkstelnr
IDnr
Geboortedatum (EEJJMMDD)
Inkomstebelastingverwysings- nr
Faksnr.
Paspoortnr.
Land van paspoort (bv. Suid-Afrika = ZAF)
Datum van aanstelling (EEJJMMDD)
Selnr. en
E-posadres.

Besonderhede van drie vennote/lede/aandeelhouers
Waar daar twee of meer vennote/lede/aandeelhouers, moet die aantal vennote/
lede/aandeelhouers voltooi word.
Besonderhde van vennote/lede/aandeelhouers
Voltooi die volgende velde vir vennote/lede/aandeelhouers:
Voornaam
Voorletters
Van
Inkomstebelastingverwysings- nr
IDnr
Paspoortnr.
Land van paspoort (bv. Suid-Afrika = ZAF)
Indien jy poog om die TT01-vorm te druk sonder om die verpligte velde te voltooi, sal 'n opwipboodskap
verskyn:

Indien die vorm nie dadelik ingedien gaan word, as gevolg van onsekerheid oor nodige besonderhede nie, of daar is 'n behoefte om die vorm oor te
begin ; is die volgende opsies beskikbaar:

Klik "Save" om nodige inligting later vas te lê
Klik "Reset" om die opgawe oor te begin of
Klik "Print" om die vorm te druk vir ondertekening en indiening by SARS.
VerklaringWanneer al die inligting voltooi is, moet die aansoeker die eerste bladsy van die aansoekvorm voltooi, druk en onderteken. Versuim om dit te doen sal lei tot die afkeuring van die aansoek.
Hoe om in te dien?
Die voltooiïde TT01-registrasievorm moet by SARS ingedien word deur die valgleuf by 'n SARS-tak.
Die eFiling-opsie is nog nie beskikbaar vir die indiening van die TT01-registrasievorm nie.