DIESEL TERUGBETALINGS VIR BOERDERYE
Hoe verkry ek toegang tot die Diesel terugbetalingskema?
Boerdery is ‘n kwalifiserende aktiwiteit ingevolge die
Diesel Terugbetalingskema. Meeste
boerderybedrywighede sal kwalifiseer om te registreer vir die
Diesel terugbetalingskema. Die persoon wat die boerdery bedryf mag daarom vir die Diesel Terugbetalingskema registreer, solank die bedryf vir BTW geregistreer is. Die Diesel Terugbetalingskema word huidiglik deur die BTW-stelsel geadministreer, daarom is dit ‘n voorvereiste om vir BTW geregistreer te wees om aan die skema te kan deelneem.
Indien die persoon reeds as ondernemer vir BTW geregistreer is, kan registrasie vir die Diesel Terugbetalingskema gedoen word deur die
VAT 101D-vorm te voltooi en in te dien.
Indien die persoon nie as ondernemer vir BTW geregistreer is nie, kan registrasie vir BTW as ondernemer en registrasie vir die Diesel Terugbetalingskema gelyk gedoen word deur die
VAT 101- en
VAT101D-vorms afsonderlik te voltooi en in te dien. Let daarop dat hierdie registrasies steeds daarvan afhang of aan al die vereistes vir
BTW-registrasie en die
Diesel Terugbetalingskema voldoen word.
Hoe eis ek vir ‘n diesel terugbetaling?
Terugbetalings ingevolge die Diesel Terugbetalingskema word eenvoudig geprosesseer deur die gebruik van die BTW-administratiewestelsel. Die toegewing word eintlik toegestaan aan kwalifiserende kopers ingevolge die Wet op Doeane en Aksyns.
Wanneer geregistreer, sal die eis vir ‘n dieselterugbetaling deur die gebruik van die VAT201-opgawe, wat beskikbaar is op
eFiling, gemaak word. ‘n Eis vir diesel terugbetaling sal verreken word teen enige BTW-aanspreeklikheid wat betaalbaar is vir die belastingtydperk ter sprake, of alternatiewelik, kan die diesel terugbetaling die BTW-terugbetaling aan die ondernemer verskuldig, verhoog.
Dit is belangrik dat al die toepaslike dokumentasie wat met dieselaankope verband hou, asook die verskeie logboek inskrywings of ander rekords wat die werklike bedrae diesel aandui wat van voorraad getrek is vir paslike en onpaslike gebruik gedurende die belastingtydperk, gebêre word.
Enige diesel terugbetalingsbedrag wat as foutiewelik terugbetaal bevind word, sal aan SARS terugbetaal moet word, tesame met enige toepaslike boetes en rente.