​MAAK GEREED VIR BTW 

Watter stappe moet ek volg?

Wanneer die besigheid vir BTW geregistreer is, is die ondernemer of verteenwoordigende ondernemer verplig om sekere pligte uit te voer en sekere verantwoordelikhede na te kom, byvoorbeeld, die ondernemer of verteenwoordigende ondernemer is verplig om -
  • BTW in te sluit by alle geadverteerde of kwoteerde pryse;  
  • BTW te hef en in te vorder;
  • Opgawes betyds in te dien en betalings betyds te maak;
  • Belastingfakture uit te reik vir voorrade gemaak; 
  • Voldoende rekords te hou vir voorrade gemaak en ontvang;

Wanneer moet die BTW betaal word? 

Vir besighede wat elektronies hul BTW-opgawes indien en betalings maak (d.i. die ondernemer moet as eFiler geregistreer wees, in welke geval die BTW-opgawes op hierdie platform ingedien moet word en BTW-betalings ook op hierdie platform gemaak moet word), moet die BTW nie later as die laaste werksdag van die maand na die einde van die belastingtydperk gemaak word nie. 
 
Vir alle ander besighede, moet die BTW nie later as die 25ste dag na die einde van die belastingtydperk gemaak word nie.  Vir meer inligting oor belastingtydperke vir BTW-ondernemers, klik hier.

Hoe moet die BTW betaal word?

BTW kan slegs as volg betaal word: 
  • SARS eFiling;
  • Elektronies by die bank;
  • Oor die toonbank by ‘n banktak. 
 
Last Updated: 22/11/2017 9:46 AM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ