​BTW-TERUGBETALINGS VIR TOERISTE EN BUITELANDSE ONDERNEMINGS 

Wat is ‘n BTW-terugbetaling?

‘n BTW-terugbetaling is ‘n bedrag BTW wat teen 14% deur ‘n ondernemer gehef is en deur ‘n kwalifiserende koper betaal is met die aankoop van goedere binne Suid-Afrika.  Die kwalifiserende koper moet in Suid-Afrika wees tydens die aankoop en moet ook die goedere uitvoer vanaf Suid-Afrika.   
 
Die BTW-terugbetaling sal slegs op die aankoop van goedere van toepassing wees en nie op die aankoop van dienste nie d.i. die BTW wat op die dienste, soos vervoer en akkommodasie, gehef word, sal nie vir ‘n terugbetaling kwalifiseer nie.  Vir meer inligting oor die proses vir BTW-terugbetalings vir ondernemers, klik hier.
 
Veronderstelde Insetbelasting en Opemarkwaarde sal oorweeg word vir terugbetaling op registreerbare goedere en ander tweedehandse goedere.  Vir meer inligting, verwys asseblief na die Wet op BTW.

Wie mag ‘n BTW-terugbetaling eis? 

‘n Kwalifiserende koper is geregtig om ‘n BTW-terugbetaling te eis.  In hierdie verband, is ‘n ‘kwalifiserende koper’ ‘n persoon wat nie ‘n geregistreerde ondernemer is nie en wat ingevolge die Uitvoerbepalings ‘n: 
  • toeris is;
  • buitelandse diplomaat is;
  • buitelandse onderneming is;
  • nie-inwoner van die Republiek is;
  • enige –
    • internasionale instelling gestig ingevolge ‘n Konstitusionele Wet of ‘n stigting met die doel om vrede en veiligheid, menseregte, politiese en sosio-ekonomiese ontwikkeling of enige soortgelyke doel te bevorder; of  
    • instelling wat soortgelyk is aan ‘n genootskap sonder winsoogmerk of weldaadsorganisasie wat as sulks geregistreer is in daardie land van uitvoer 
    •  en gestig is in ‘n land van uitvoer en nie enige aktiwiteit bedryf binne die Republiek nie; of 
    • vir doeleindes van Deel Twee – Artikel A, ‘n persoon wat nie ‘n inwoner van die Republiek is nie wat goedere by ‘n ondernemer binne die Republiek aankoop met die alleendoel om die goedere aan ‘n ander persoon te verkoop wat nie ‘n inwoner van die Republiek is nie. 
Vir meer inligting oor BTW-terugbetalings vir ondernemers, klik hier

Hoe eis ek ‘n BTW-terugbetaling?

‘n Kwalifiserende koper kan ‘n BTW-terugbetaling eis deur sodanige eis aan die BTW-administrateur [the VAT Refund Administrator (the VRA)]. 
 
Die kwalifiserende koper moet eers die goedere aan ‘n doeane-beampte, by die aangewese kommersiële vertrekshawe vanuit Suid-Afrika, verklaar.  Die belastingfaktuur vir goedere wat nie as handbagasie gehou word nie, moet deur die doeane-beampte onderskryf word en deur ‘n VRA-beampte indien die VRA ‘n fisieke teenwoordigheid by die kommersiële hawe het.  Indien die VRA nie ‘n fisieke teenwoordigheid het nie, moet jy skriftelik by die VRA aansoek doen.  Verwys na die lys van kommersiële hawes hieronder.  

Wanneer sal ‘n BTW-terugbetaling oorweeg word?  

‘n BTW-terugbetaling sal oorweeg word indien dit aan die volgende vereis voldoen: 
  • Die verkoper moet ‘n gekwalifiseerde verkoper wees.
  • Die goedere moet binne 90 dae, vanaf die datum van die belastingfaktuur, uitgevoer word - onderhewig aan sekere uitsonderings. 
  • Die insluitende BTW-totaal van alle roerende goedere gekoop gedurende ‘n spesifieke besoek aan die RSA en uitgevoer teen die einde van daardie besoek deur die kwalifiserende koper, moet die minimum van R250 per kwalifiserende koper oorskry. 
  • Die versoek vir ‘n terugbetaling, tesame met die toepaslike dokumentasie, moet deur die VRA ontvang wees binne 90 dae vanaf die datum van uitvoer. 
  • Die goedere moet deur een van die 43 aangewese kommersiële hawes uitgevoer word deur die kwalifiserende koper of die kwalifiserende koper se karweikontrakteur. 
  • Die kwalifiserende koper moet alle toepaslike oorspronklike dokumentele bewyse indien, soos uiteengesit in Deel Een van die Uitvoerbepalinge om te bewys dat die roerende goedere per pad, see, lug of spoor vervoer is. 
Die 43 aangewese kommersiële hawes is:  
 
 
Land se Grensposte        Internasionale Lughawes Hawes Spoorweë
Land Kommersiële hawes

Zimbabwe​
Beitbrug
​Bloemfontein ​
Kaapstad
​King Shaka (Durban)
​OR Tambo (Johannesburg)
​Gateway (Polokwane)
​Lanseria
Kruger Mpumalanga
Pilaansberg
Port Elizabeth
Upington
Kaapstad
​​Durban
Oos London
Mosselbaai
Port Elizabeth
Port Ngqura
Richardsbaai
Saldanha
​ ​ ​
​Germiston
Golela
Johannesburg
Maserubrug
Mafikeng
Upington
​ ​ ​ ​ ​
Mozambiek​
​Lebombo
Namibië
Vioolsdrift
Nakop/Nargos
 
​Botswana
​Ramatlabama
Skilpadshek
Groblersbridge
Kopfontein

Lesotho
​Caledonspoort
Ficksburg
Maserubrug
Van Rooyenshek
Qacha's Nek
​Swaziland
​Jeppes Reef
Mananga
Mahamba
Nerston
Golela
Oshoek
 
Let wel: Die VRA het slegs by die volgende lughawes ‘n fisieke teenwoordigheid:  Kaapstad, King Shaka en OR Tambo. 

Hoe kontak ek die VRA?

Kontakbesonderhede vir die VRA se hoofkantoor is soos volg: 

Posadres

Die BTW-administrateur
Posbus 107
OR Tambo (Johannesburg) Internasionale Lughawe
Suid-Afrika
1627

Fisiese adres

Plot 206/1 Highstraat
Pomona, Kemptonpark, 1619 
E-posadresse 
 
 
Telephone: + 27 11 979 0055
 
Faksimile: + 27 11 396 1129

Benodig jy hulp?

  • Verwys na die VAT 404 Guide for Vendors (Hoofstuk 12 – Exports and Imports)
  • Verwys na die VAT 420 Guide for Vendors (Hoofstuk 5 – Direct and Indirect Exports)
  • Verwys na die Government Notice No. R. 316 ‘Export Regulations’
  • Skakel die SARS-kontaksentrum on 0800 00 7277 or +27 11 602 2093
  • Besoek jou naaste SARS-tak.
 
 
Last Updated: 22/11/2017 9:49 AM     print this page
SARS eFiling eFiling Login eFiling Register Now eFiling Forgot Password eFiling Forgot Username E@syFile
FIND A PUBLICATION
FIND A FORM
FIND AN FAQ