Research and Development – Afrikaans

NAVORSING- EN ONTWIKKELINGSAANSPORING (N&O)  

Top Wenk: Regulasies in terme van paragraaf (e) van die definisie van navorsing en ontwikkeling in artikel 11D(1) oor kriteria vir kliniese proewe in terme van aftrekkings vir navorsing en ontwikkeling. Lees meer hier.
Die hoof doel van hierdie inisiatief is om Suid-Afrikaanse maatskappye aan te spoor om in wetenskaplike of tegnologiese navorsing en ontwikkeling te belê.
Die artikel 11D Navorsing- en Ontwikkelingsaansporing (N&O) is in die Inkomstebelastingwet geïnkorporeer in 2006 om die vorige reël oor navorsing en ontwikkeling in terme van artikel 11B wat bestaan het, te vervang. 

Artikel 11D laat toe: 

  • ‘n Aftrekking gelykstaande aan 150% van uitgawes aangegaan wat direk met Navorsing en Ontwikkeling verband hou, en
  • ‘n Versnelde waardevermindering aftrekking (dit is, 50:30:20) vir kapitaal uitgawes aangegaan op masjinerie of ‘n werkplaas gebruik vir N&O. 

Struktuur van die N&O Beslissingskomitee 

Die N&O beslissingskomitee bestaan uit: 

  • Drie mense in diens van die Departement van Wetenskap en Tegnologie, deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie aangestel
  • Een persoon in diens van die Nasionale Tesourie, deur die Minister van Finansies aangestel
  • Drie mense in diens van SARS, deur die Minister van Finansies aangestel.  

Die rol van die R&D Beoordelingskomitee

Die rol van die N&O Beslissingskomitee sluit in:  

  • Die hersien en maak van voorstelle vir die goed- of afkeuring van R&D aansoeke aan die Minister van Wetenskap en Tegnologie.  
  • Die hersiening van ‘n jaarlikse vorderingsverslag wat deur belastingpligtiges ingedien word wat die aansporing eis soos deur wetgewing uiteengesit. 

SARS se rol in die bestuur van artikel 11D

SARS sal ‘n aftrekking toelaat wanneer:  

  • Die N&O vooraf goedgekeur is deur die N&O Beslissingskomitee
  • Die belastingpligtige ‘n goedkeuringsbrief het wat deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie uitgereik is
  • Die uitgawes aangegaan was:
    • Direk vir navorsing en ontwikkeling 
    • In die produsering van inkomste en
    • In die uitvoer van handel.
    • In die uitvoer van handel.

Top Tip: Selfs al het die belastingpligtige vooraf goedkeuring vir ‘n N&O projek ontvang, sal SARS steeds sy oudit oorsigrol vervul. 
SARS sal bereken of die geëisde uitgawes binne die grense is wat die keuringskomitee vooraf goedgekeur het en dat die uitgawes aangegaan wel vir die opbrengs van inkomste en in die uitvoering van handel was. 

Ander sake met betrekking tot SARS

  • Voorlopige Belasting: wannneer Voorlopige Belasting bereken word, is dit belangrik om nie aan te neem dat die Minister van Wetenskap en Tegnologie die aansoek sal goedkeur nie, omdat boetes hiervoor gehef kan word.

     
  • Assesserings: waar goedkeuring verkry is nadat ‘n assessering gefinaliseer is, kan ‘n Versoek om Regstelling (RFC) gerig word om die goedgekeurde N&O uitgawes in te sluit.

Meer Inligting

Vir meer inligting oor die N&O inisiatief, verwys na die Departement van Wetenskap & Tegnologie

Table of Contents

Last Updated:

Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print