Submit Employee Info Afrikaans

TERUGVOER OOR MASSA INKOMSTEBELASTING REGISTRASIE NOU BESKIKBAAR

Terugvoer oor die Massa Inkomstebelasting Registrasie (ITREG) is nou beskikbaar wat werkgewers in staat sal stel om Inkomstebelasting-verwysingsnommers te bekom vir die werknemers wie SARS suksesvol kon registreer met die gebruik van die onlangse Werkgewer Rekonsiliasie Verklaring (EMP501) wat ingedien is.    Massa ITREG word twee maal per jaar outomaties na die jaarlikse en interim werkgewer rekonsiliasie tydperke uitgevoer.  Wanneer ‘n werkgewer die interim of jaarlikse EMP501 indien, word ‘n massa registrasie proses uitgevoer vir werknemers wat nog nie vir Inkomstebelasting geregistreer is nie.     Top Wenk: Massa ITREG vereis dat dieselfde e@syFile™ Employer sagteware databasis onderhou word, wat vir die rekonsiliasie indiening gebruik is. Waar ‘n ander databasis gebruik is, sal werkgewers nie toegang hê tot die Inkomstebelasting-verwysingsnommers van geregistreerde werknemers nie.  In so ‘n geval sal die stelsel ‘n boodskap genereer wat jou verwittig dat die sertifikate vir die vorige rekonsiliasie indiening nie gevind kan word nie.  

Om toegang tot die Inkomstebelasting-registrasienommers op e@syFile™ Employer te verkry

Om toegang tot die Inkomstebelasting-verwysingsnommers te verkry, voltooi die volgende stappe:   

  • Stap 1:  Wanneer jy sinkroniseer, maak seker jy gebruik die e@syFile™ Employer sagteware met jou databasis wat die nuutste ingediende rekonsiliasie bevat. 
  • Stap 2: Begin e@syFile™ Employer, sleutel jou e@syFile™ Employer intekenbesonderhede in
  • Stap 3: Kies die maatskappy; jy sal ‘n boodskap ontvang wat bevestig dat die geselekteerde maatskappy die aktiewe werkgewer gemaak is 
  • Stap 4: Kies sinkroniseer “All”.  As jy voorheen alles (“all”) gesinkroniseer het, kan jy kies om slegs die registrasie resultate te sinkroniseer deur “Taxpayer Income Tax Registrations” te kies.
  • Stap 5: Sleutel jou eFiling intekenbesonderhede in.  Wanneer sinkronisasie voltooi is, sal ‘n opwip-boodskap in die regterkanste onderste hoek verskyn wat bevestig dat die resultate ontvang is 
  • Stap 6: Kies e@syFile™ Employer “Notification Centre” en maak die ITREG kennisgewingbrief wat in jou maatskappy se e-posbus verskyn, oop
  • Stap 7: Die resultate sal outomaties die werknemer rekords in die aangehegde maatskappy databasis opdateer.  Om jou ITREG resultate te besigtig, kies “View/Edit Employees”.

Terugvoer oor resultate van registrasies

Met die voltooiïng van die ITREG deur e@syFile™ Employer, sal SARS terugvoer-kennisgewings stuur na die e@syFile™ Employer “Notification Centre”, wat ‘n opsomming van die resultate van die registrasie aansoeke verskaf.  Die resultate kan ook besigtig word op die “View/Edit Employees”-funksie op e@syFile™ Employer waar SARS terugvoer sal verskaf rakende werknemers wat nie geregistreer kon word nie en die rede(s) vir nie-registrasie van hierdie werknemers.    Die ITREG resultate kan uitgevoer word na ‘n CSV-lêer wat gebruik kan word om geselekteerde salarisrol toepassings outomaties op te dateer. Hierdie funksie is toeganklik deur “Import/Export Payroll File” te selekteer en dan die “Export”-opsie te selekteer.  Vir meer inligting, verwys na ons e@syFile™ Employer-gebruikersgids.    Top Wenk: Dit bly die werkgewer se verantwoordelikheid om seker te maak dat die inligting aan SARS verskaf, akkuraat is op die oomblik van indiening.     Vir meer inligting oor die proses om werknemers te registreer vir Inkomstebelasting, skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 (SARS) 7277 of besoek jou naaste SARS-tak.  

Table of Contents

Last Updated:

Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print