Calendar Afrikaans

BELASTING KALENDER

Hierdie basiese Belasting Kalender is as gids vir belastingpligtiges ontwikkel rakende belangrike sperdatums vir die hoofstroom belastingpligtiges. 

Individue

  • Belastingseisoen – Belastingseisoen vir individue hardloop van Julie tot November (vir nie-voorlopige belastingpligtiges), met voorlopige belastingpligtiges wat tot einde Januarie het om deur eFiling in te dien. As jy jou wagwoord vergeet het, besoek ons webblad en skakel ons kontaksentrum om dit eenvoudig oor te stel.
  • Voorlopige Belasting – Die indiening en betaling deur individue van voorlopige belasting (IRP6’e) is 31 Augustus (1ste tydperk), 28 Februarie (2de tydperk) en 31 September (3de tydperk).

Werkgewers (LBS)

Alle besighede wat aanspreeklik is vir LBS, moet die skedule hieronder volg: 

  • Maandeliks – die EMP201 moet maandeliks ingedien word – teen die 7de van die volgende maand of die voorafgaande Vrydag* as dit op ‘n naweek of publieke vakansiedag val. 
  • Interim (vir tydperk 1 Maart tot 31 Augustus) – die Interim Werkgewers Belastingseisoen vir EMP501 rekonsiliasies hardloop van 1 September tot 31 Oktober
  • Jaarliks (vir tydperk 1 Maart tot 28 Februarie) – die jaarlikse Werkgewers Belastingseisoen hardloop van 1 April tot 31 Mei. 

Maatskappye

  • Belastingseisoen – Maatskappye, insluitend CC’s, Koöperatiewe en Beheerliggame, word vereis om ‘n Inkomste Opgawe in te dien:  Maatskappye en Beslote Korporasies (IT14) binne 12 maande vanaf die datum waarop hul finansiële jaar eindig.  
  • Voorlopige Belasting – Die indiening en betaling deur maatskappye van voorlopige belasting (IRP6’e) is 6 maande na jaareinde (1ste tydperk), op finansiële jaareinde (2de tydperk) en ses maande na finansiële jaareinde (3de tydperk)

Ondernemers

BTW

  • Per hand – indiening en betaling van die VAT201 moet teen die 25ste van die maand gedoen wees.  Let daarop dat elke ondernemer op ‘n ander BTW-siklus kan wees.  
  • Elektronies (eFiling) – indiening en betaling van die VAT201 moet teen die laaste werksdag van die maand gedoen wees.  

Klein besighede

Klein besighede wat onder een van die bogenoemde katogorieë val (CC’s, Koöperatiewe), moet die skedule hierbo volg. 

  • Omsetbelasting
    Klein besighede wat vir omsetbelasting geregistreer is, moet die skedule hieronder volg: 

Omsetbelasting sal jaarliks gehef word op ‘n jaar van aanslag wat van die begin van Maart van een jaar tot die einde van Februarie die daaropvolgende jaar hardloop.  Dit sal twee ses-maandelikse interim (voorlopige) betalings insluit.    Let wel *Let asseblief dat indien die geïdentifiseerde dag op ‘n naweek of publieke vakansiedag val, die toepaslike datum waarop jou verpligting nagekom moet word, die laaste werksdag voor daardie datum word. 

Table of Contents

Last Updated:

Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print