Merging tax profiles Afrikaans

VOEG AL JOU BELASTINGS SAAM ONDER ‘N ENKELE PROFIEL

‘n Saamvleg-funksie (merge function) is beskikbaar op eFiling.  Hierdie funksie help individuele belastingpligtiges, Geregistreerde Voorteenwoordigers van entiteite en Belastingpraktisyne om al die belastingsoorte, byvoorbeeld Inkomste – en Werkgewersbelasting asook Doeane en Aksyns, vir elke kliënt/entiteit in een enkele profiel saam te vleg. 

Top Wenk: ‘n Verteenwoordiger mag namens ‘n belastingpligtige optree in uitsonderlike omstandighede, bv. ‘n ouer namens ‘n minderjarige kind or ‘n eksekuteer namens ‘n boedel. Die saamvleg van belastingsoorte as ‘n enkele profiel, word slegs een keer gedoen. Enige nuwe registrasies sal daarna aan die enkel-kliënt/entiteitprofiel gekoppel word. 

Die opdatering van geregistreerde besonderhede moet steeds deur middel van die RAV01-vorm gedoen word: How to Complete the Registration Amendments and Verification Form RAV01.

Hoe om die saamvleg-funksie (merge) te aktiveer

Top Wenk: Samevlegging (merging) kan nie deur e@syFile™ gedoen word nie. Jy moet die saamvlegfunksie eers aktiveer. Geregistreerde Verteenwoordigers en Belastingpraktisyns moet die saamvlegfunksie (merge function) vir elke kliënt/entiteit op eFiling aktiveer voordat dit gebruik kan word.  Individuele belastingpligtiges sal outomaties geaktiveerd wees. Die aktivering moet gedoen word:

  • al is jy reeds op eFiling geaktiveer
  • een maal per kliënt, wat jou dan in staat sal stel om alle belastingsoorte saam te vleg en geregistreerde besonderhede op te dateer. 

Aktivering vir Geregistreerde Verteenwoordigers

Stap 1

Aktiveer die saamvlegfunksie (merge function) op eFiling Gaan na die organisasie se profiel en klik op “Activate Registered Representative” (Aktiveer Geregistreerde Verteenwoordiger) onder “SARS Registered Details” (SARS Geregistreerde Besonderhede):    

Screenshot of Activate Registered Representative on Organisation Menu

Die Verteenwoordiger Verklaring (“Representative Declaration”) sal verskyn. Lees dit deeglik deur.

Stap 2

Selekteer “I agree” (ek stem saam) en klik dan “Continue” (gaan voort)

Screenshot of Representative Declaration dialog with Continue button

Stap 3

Vul jou belastingverwysingsnommer in onder eFiling “User Details” (gebruikersbesonderhede) en klik “Activate Registered Representative” (Aktiveer Geregistreerde Verteenwoordigeer).

Top Wenk: Wanneer die aktivering goedgekeur is, kan regte aan ander gebruikers toegeken word om nuwe registrasies in te dien, hoewel slegs die Geregistreerde Verteenwoordiger die saamvlegfunksie sal kan gebruik. 

Aktivering vir Belastingpraktisyns

Jy sal outomaties toegang tot die saamvlegfunksie (merge function) hê indien jy voorheen jouself as die Geregistreerde Belastingpraktisyn op ‘n kliënt/entiteit se profiel geaktiveer het.

Stap 1

Gaan na “Services” (Dienste), klik op “My TP Configuration” (My Belastingpraktisyn Groepering) en dan op “Practitioner Activation” (Praktisyn Aktivering)

Screenshot of My Services Menu with Practitioner Activation

Die Belastingpraktisyn Verklaring (“Tax Practitioner Declaration”) sal verskyn. Lees dit deeglik deur. 

Stap 2

Selekteer “I agree” (ek stem saam) en dan “Continue” (gaan voort)

Screenshot fo Tax Practitioner Declaration Dialogue with Continue Button

Top Wenk: Wanneer die aktivering goedgekeur is, kan regte aan ander gebruikers toegeken word om die saamvleg-funksie (merge function) te gebruik. 

Voltooi die aktiveringsproses

Alvorens aktivering vir Geregistreerde Verteenwoordigers voltooi kan word, moet die volgende stawende dokumente (relevante materiaal) ingedien word, afhangende die aard van die enititeit:  

Aard van Entiteit​ Kapasiteit​ Aangestel deur​ Stawende document  (relevante materiaal)  vir aanstelling​
Individu​ ​Verteenwoordiger ​n.v.t. ​Identiteitdokument (bv. ID, Paspoort)
Maatskappy​ ​Openbare Offisier ​Raad van Direkteure ​Verteenwoordigersaanstelling
​Trust ​Hoof Trustee ​Raad van Trustees ​Magtigingsbrief
Trustakte
​Regering Publieke Onderneming Staatsonderneming ​Rekenpligtige Beampte ​Staatskoerant ​Verteenwoordigersaanstelling
Politieke Party​ ​Tesourier ​Verteenwoordigersaanstelling
​Klub ​Tesourier ​Komitee ​Verteenwoordigersaanstelling
Vereniging sonder winsoogmerk
Welsynsorganisasie
​Rekenpligtige Beampte ​Verteenwoordigersaanstelling
Vennootskap
Liggaam van persone
​Rekenpligtige Beampte Vennote​ ​Verteenwoordigersaanstelling
Vennootskapsooreenkoms

Top Wenk: Dit kan tot 21 werksdae neem om dokumente na te gaan en as outentiek te verklaar. Die aktivering sal goed- of afgekeur word.

As die aktiveringsaansoek afgekeur is, sal jy ‘n SARS-tak moet besoek om jou te bevestig as Geregistreerde Verteenwoordiger. Onthou om ‘n afspraak te maak. Wanneer die aktivering goedgekeur is:

  • Sal jy outomaties as die enigste Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit by SARS op rekord wees.
  • Enige vorige Geregistreerde Verteenwoordigers se toegang sal verlore wees.  ‘n Kennisgewing sal deur eFiling of per e-pos aan hul gestuur word. 

Hoe om die belastingprofiele saam te vleg (merge)

Wanneer die samevlegging (merging) geaktiveer is, selekteer “Merge Entities” (Entiteite Saamvleg) onder “SARS Registered Details” (SARS Geregistreerde Besonderhede):  

Screenshot of SARS Registered Details Menu with Merge Entities

Jy sal deur ‘n ses stap-proses gelei word om seker te maak dat al die belastingsoorte aan die korrekte kliënt/entiteit gekoppel is:

Stap 1

Selekteer die Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit

Dit sal slegs op Belastingpraktisyne van toepassing wees.

Stap 2

Top Wenk: Slegs een opsie sal beskikbaar wees vir individuele belastingpligtiges, Maatskappye en Trusts

Die Geregistreerde Verteenwoordiger se besonderhede moet verskaf word en nie die Belastingpraktisyn s’n nie.

‘n Geregistreerde Verteenwoordiger is ‘n persoon wat aangestel is om met volmag namens ‘n ander wetlike regspersoon op te tree en is nie gewoonlik ‘n Belastingpraktisyn nie.

Top Wenk: ‘n Uitsondering sal, byvoorbeeld, wees waar ‘n Belastingpraktisyn as Openbare Offisier, ens. van ‘n maatskappy aangewys is en ook as Belastingpraktisyn vir ander kliënte werk.

Die Belastingpraktisyn moet met die kliënt bevestig wie die Geregistreerde Verteenwoordiger moet wees, voordat die seleksie op eFiling gemaak word.

Die Geregistreerde Verteenwoordiger se stawende dokumente (relevante materiaal) moet aan SARS gestuur word.

Wanneer die aktivering goedgekeur is:

  • Sal die Geregistreerde Verteenwoordiger outomaties as die enigste Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit by SARS op rekord wees.
  • Enige vorige Geregistreerde Verteenwoordigers se toegang sal verlore wees. ‘n Kennisgewing sal deur eFiling of per e-pos aan hul gestuur word.

Stap 3

Hoofrekords

Selekteer die hoofentiteit-registrasie waaraan al die ander registrasies gekoppel sal word bv. Inkomstebelasting waaraan BTW gekoppel sal word.  

Screenshot of Records Merge screen

Top Wenk: Die mees opgedateerde rekord moet gebruik word. 

Stap 4

Addisionele rekords

Voeg alle ander belastingsoorte by wat met die kliënt/entiteit gekoppel moet wees.  

Top Wenk: Voltooi al die verpligte inligting wat in rooi aangedui word.

 

Stap 5

Nagaan - Gaan na of al die inligting korrek is, voor die versoek aan SARS gestuur word. Maak seker dat al die kliënt se inligting, belastingverwysingsnommers, ens. voltooi is.

Stap 6

Indiening

Voltooi die verklaring en stuur die versoek aan SARS.

Screenshot of Submit step on Records Merge screen

Top Wenk: Besoek ‘n SARS-tak indien ‘n verkeerde belastingverwysingsnommer aan ‘n kliënt/entiteit se profiel gekoppel is. Dit kan nie op eFiling herstel word nie. Vir meer inligting, verwys na die Step by step guide on how to the Entity Merge functionality on eFiling-handleiding op eFiling.

Benodig jy hulp?

Table of Contents

Last Updated:

Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print